Adres: | James Rylaan 194 Silverton, Pretoria, 0184 |
GPS-koördinate: | -25.73183, 28.28418 |
Posadres: | Posbus 51, Silverton, 0127 |
Kontak: | Tel. (012) 804-8031 Faks. (012) 804-2014 |
E-pos: | navrae@tlu.co.za | info@tlu.co.za |
© 2022 | DIE VESTING VIR DIE KOMMERSIËLE BOER IN SUID-AFRIKA – TLU SA
Die inhoud van hierdie webtuise is onderhewig aan ‘n regskennisgewing wat hier gelees kan word.
Teen 31 Mei 2022 was daar reeds 6070 plaasaanvalle en 2183 plaasmoorde in Suid-Afrika.
Sedert 1990 is daar al meer as ’n 1000 plaasaanvalle in dié streek aangemeld. Dit is die tweede meeste naas Gauteng.
Die aantal plaasmoorde in Noordwes staan tans op 295. Daar was vanjaar al reeds vier moorde aangemeld.
Die Noord-Kaap het die laagste syfer van plaasaanvalle en -moorde in Suid-Afrika met 90 plaasaanvalle en 40 moorde sedert 1990.
Die Noord-Kaap is een van net twee streke in die land wat dubbelsyfers jare het waar daar geen plaasmoorde was nie. Die ander streek is die Wes-Kaap.
In die 33 jaar sedert TLU SA met die rekordhouding begin het, was daar 289 plaasaanvalle en 102 plaasmoorde in die Wes-Kaap aangemeld.
Die meeste plaasmoorde in een jaar vir die Wes-Kaap was in 2002 toe 11 moorde aangemeld is.
Bennie Liebenberg, TLU SA Steeekvoorsitter: Wes-Kaap
Die Wes-Kaap se donkerste jaar wat plaasaanvalle betref, was in 2019 toe 42 sake aangemeld is.
Die Oos-Kaap het al 294 plaasaanvalle en 160 plaasmoorde gehad sedert 1990.
Ons nader nou die halfpad merk van ons staptog.
Die Vrystaats se syfers staan tans op 664 plaasaanvalle en 237 plaasmoorde.
Ofskoon daar vanjaar nog nie ’n plaasmoord in die Vrystaat aangemeld is nie, was daar reeds vyf aanvalle.
Daar is vanjaar reeds twee plaasmoorde en agt plaasaanvalle in die Oos-Kaap aangemeld.
VIDEO: HUGO PRETORIUS, TLU SA STREEKVOORSITTER: OOS-KAAP
Die gaping tussen plaasaanvalle en -moorde is nogal klein as inaggeneem word, hoe hoog die moordsyfer is. KZN se syfers is tans 614 aanvalle en 347 moorde.
KZN se bloedigste jaar was 2002. Dit is die jaar wat die meeste plaasaanvalle en -moorde in die streek opgelewer het, onderskeidelik 86 en 31.
Daar was vanjaar reeds twee plaasmoorde en nege plaasaanvalle in die streek.
VIDEO: RONNIE SCHILLNG, TLU SA STREEKBESTUURDER: OOS EN KZN
KZN het sesde meeste plaasaanvalle in die land, maar die tweede meeste plaasmoorde
Mpumalanga is een van drie streke wat meer as ’n duisend plaasaanvalle al gehad het. Daar is 1020 plaasaanvalle en 292 plaasmoorde in die streek aangemeld.
Die meeste plaasmoorde in een jaar – 19 – is in 1998 aangemeld. Die jaar met die meeste plaasaanvalle was in 2017 met 64.
Vanjaar is daar reeds een plaasmoord en nege plaasaanvalle aangemeld.
VIDEO: PIETER PRETORIUS, TLU SA STREEKVOORSITTER: OOS
Limpopo het al 233 plaasmoorde gehad en 771 plaasaanvalle.
Twee plaasmoorde is reeds vanjaar aangemeld. Daar was ook vyf plaasaanvalle.
Die meeste plaasaanvalle in een jaar in Limpopo was die 71 van 2017.
VIDEO: DRICKUS BOTHA, TLU SA NOORD
Die meeste moorde in een jaar was die 18 van 2010.
VIDEO: ERIKA HELM, TLU SA
In 2015 het Limpopo met 63 plaasaanvalle die meeste in die land gehad. Tweede was Mpumalanga met 62.
Daar is al 14 plaasaanvalle in Noordwes aangemeld vanjaar. Die meeste in die land tot op hede.
VIDEO: TLU SA PRESIDENT, HENRY GELDENHUYS
Ons voorlaaste stop op die roete. Noordwes se meeste plaasaanvalle in een jaar was die 73 van 2019 en die meeste moorde was in 1996 toe 21 aangemeld is.