Klik hier en maak 'n bydrae tot die TLU SA Traumafonds

06:30 Brits (Noordwes), 6027.13km

Ons voorlaaste stop op die roete. Noordwes se meeste plaasaanvalle in een jaar was die 73 van 2019 en die meeste moorde was in 1996 toe 21 aangemeld is.

 

13:45: Bloemfontein (Vrystaat), 3028.10km

Ons nader nou die halfpad merk van ons staptog.

Die Vrystaats se syfers staan tans op 664 plaasaanvalle en 237 plaasmoorde.

 

13:00: Gqeberha/Port Elizabeth (Oos-Kaap), 2484.24km

Die Oos-Kaap het al 294 plaasaanvalle en 160 plaasmoorde gehad sedert 1990.

12:15: Struisbaai (Wes-Kaap), 1962.42km

Die Wes-Kaap se donkerste jaar wat plaasaanvalle betref, was in 2019 toe 42 sake aangemeld is.

 

11:30: Stellenbosch (Wes-Kaap), 1821.21km

Die meeste plaasmoorde in een jaar vir die Wes-Kaap was in 2002 toe 11 moorde aangemeld is.

Bennie Liebenberg, TLU SA Steeekvoorsitter: Wes-Kaap

10:45: Vredendal (Wes-Kaap), 1562.95km

In die 33 jaar sedert TLU SA met die rekordhouding begin het, was daar 289 plaasaanvalle en 102 plaasmoorde in die Wes-Kaap aangemeld.

10:00: Upington (Noord-Kaap), 1117.85km

Die Noord-Kaap is een van net twee streke in die land wat dubbelsyfers jare het waar daar geen plaasmoorde was nie. Die ander streek is die Wes-Kaap.

VIDEO: GAWIE LOTTER, TLU SA BESTUURDER: DIENSTE

09:15: Rietfontein (Noord-Kaap), 900.08km

Die Noord-Kaap het die laagste syfer van plaasaanvalle en -moorde in Suid-Afrika met 90 plaasaanvalle en 40 moorde sedert 1990.

08:30: Mahikeng/Mafeking (Noordwes), 332.96km

Die aantal plaasmoorde in Noordwes staan tans op 295. Daar was vanjaar al reeds vier moorde aangemeld.

07:45: Potchefstroom (Noordwes), 158.88km

Sedert 1990 is daar al meer as ’n 1000 plaasaanvalle in dié streek aangemeld. Dit is die tweede meeste naas Gauteng.