* 11177 mense het reeds geregistreer om op 14 Augustus virtueel saam te stap op hierdie blad
Op 14 Augustus hou TLU SA ‘n virtuele optog en lê binne 24 uur virtueel 5 530km rondom Suid-Afrika af. Elke kilometer verteenwoordig een van die plaasaanvalle wat sedert 1990 gesinne en werkers se lewens uitmekaar geruk het.
Daar was sedert die begin van die jaar ‘n styging en merkbare brutaliteit in plaasaanvalle en -moorde in Suid-Afrika.
Jy kan jou vordering op die roete aanlyn volg en deel met jou vriende.
Plaaslewens maak saak.
As jy die staptog ook wil ondersteun en en wys dat die veiligheid van boere vir jou belangrik is, registreer en laat jou naam op die lys van ondersteuners verskyn.
JY HOEF NIKS VERDER TE DOEN NIE, ONS WIL NET JOU ONDERSTEUNING Hê.
AS JY WEL TER ONDERSTEUNING WIL STAP OF HARDLOOP, NEEM VIR ONS FOTO’S VAN JOU ROETE EN STUUR DIT VIR ONS OF PLAAS DIT OP FACEBOOK MET DIE VELDTOG SE HUTSMERKE.
JY SAL BINNEKORT ‘N E-POS ONTVANG MET NOG INLIGTING, MAAR, INTUSSEN KAN JY SOLANK OP JOU SOSIALE MEDIA PLATFORMS DEEL DAT JY DIE PROJEK ONDERSTEUN MET DIE HUTSMERKE #plaaslewens #plaasstap #tlusa